Gedragskode
LAERSKOOL SIMON VAN DER STEL WAAR ELKE KIND BELANGRIK IS Gedragskode 2018
SKOOLDRAG DOGTERS
SEUNS
SPORTDRAG Sportdrag is verpligtend wanneer leerders die skool vir sportbyeenkomste verteenwoordig.
SEUNS & DOGTERS
Die volgende mag ook gedra word: ALGEMENE REËLS T.O.V. SKOOLDRAG 1. Verpligte skooldragreëls moet stiptelik nagevolg word. 2. ALLE kledingstukke moet behoorlik gemerk wees met die leerder se naam en van (nie net voorletters nie!). Items wat gevind word en nie behoorlik gemerk is nie, sal verkoop word. 3. Let veral op die volgende:
Geen juwele nie – slegs oorknoppies of klein ringetjies (goud/silwer) word vir dogters toegelaat 4. Hare: Seuns se ore moet oop wees en hare mag nie oor die kraag hang nie of in die oë hang nie. Dogters se hare word vasgebind of gevleg as dit lank genoeg is. Slegs swart balletjies, linte of “scrunches” word toegelaat. Hare mag nie gekleur word nie. 5. Lapelwapens: Slegs dié wat deur die skool voorsien en goedgekeur word mag gedra word. 6. Die dra van amptelike skooldrag is verpligtend tydens uitstappies en sportdae. 7. Sport: Leerders verlaat die skoolterrein met ‘n skoolsweetpak of volledige skooldrag, behalwe leerders wat die terrein per privaat motor verlaat. 8. Geen leerder word op die tennisbane toegelaat sonder toestemming nie. Sportskoene is ‘n vereiste. 9. Geen gekleurde T-hemde of T-hemde met slagspreuke word onder skoolhemde en sweetpakke toegelaat nie. Slegs amptelike skool T-hemde, wit frokkies en skoon, wit/swart T-hemde is toelaatbaar
RIGLYNE T.O.V. KLEREDRAG OP “CIVVIE”-DAE EN VERJAARSDAE Omdat ons graag wil hê dat leerders op hulle verjaarsdae spesiaal moet voel, kry hulle die vergunning om in gewone klere skool toe te mag kom. Die idee is verder dat hulle opvallend sal wees en dat almal sal weet dat hulle verjaar en hulle kan gelukwens. Klem word egter gelê op netjiese, smaakvolle drag. 1. Langbroeke en kniebroeke word toegelaat vir dogters, maar spanbroeke moet met ‘n lang bo-stuk gedra word. 2. Mini’s – nie korter as die helfte van die bobeen lengte nie (staande). 3. Leerders mag juweliersware dra – seuns geen ringe of oorringe. 4. Hare mag nie in die oë hang nie. Haarbykomstighede word toegelaat. 5. Geen grimering of naelpolitoer word toegelaat nie. 6. Seuns word toegelaat om kniebroeke en T-hemde te dra. Moulose T-hemde word toegelaat, maar nie die wyd uitgesnyde frokkie-tipe nie. 7. Geen geskeurde of uitgerafelde broeke is aanvaarbaar nie. 8. Netjiese sweetpakke word toegelaat. 9. Kaalvoete en plakkies word toegelaat. 10. Halternekke en spaghetti bandjies is toelaatbaar vir dogters, maar bo-stukke moet voor en agter ten volle bedek.
HUISHOUDELIKE REELS RYE EN GANGE 1. Vlagparade (Vrydae) – personeel aan diens neem leiding. Leerders staan op aandag! Rye te alle tye reguit en netjies. 2. Bevele van leerderleiers moet gehoorsaam word. 3. Geen laatkommery by rye word geduld nie. 4. Elke leerderleier vergesel klas aan hom/haar toegeken tot by die klaskamer en hou toesig tot onderwyser opdaag. 5. Geen gesels en hardlopery word toegelaat nie. 6. Stap altyd aan die linkerkant van trappe en gange en hou tasse weg van die mure. 7. Absolute stilte moet heers na die aantreeklok gelui het. 8. Voor sportperiodes tree leerders in rye aan.
SKOOLTERREIN 1. Geen vervoermiddels met wiele mag deur leerders gebruik word nie. 2. Bal- en hardloopspeletjies net toegelaat op rugbyved, behalwe netbal. 3. Geen boomklimmery, ryery op drade en hekke word toegelaat nie. 4. Niemand word by die swembad toegelaat sonder toesig van ‘n volwassene nie. 5. Geen spelery word naby of in die kanaal toegelaat nie. 6. Geen spelery op skrummasjien of toutrekapparaat nie. 7. Geen papiere of kos word rondgestooi nie. 8. Geen spelery word in die vierkant by die saal, rondom motors (agter rooi lyn) en fietse toegelaat nie. 9. Gedurende skooltyd word skoolterrein nie verlaat sonder toestemming van die skoolhoof nie. Speelterrein op die veld strek tot by die toutrekapparaat. 10. Alle gevaarlike speletjies en speelgoed word verbied. 11. Geen onwelvoeglike taal en leesstof word op die skoolterrein toegelaat nie. 12. Algehele vrystelling van sport word alleenlik toegelaat met die nodige doktersertifikaat. 13. Daar word nooit in die eiendom van ander persone gekrap nie. 14. Enige klagtes gedurende pouses moet by die diensdoenende opvoerder aangemeld word. 15. Geen ongemagtigde toegang tot die skoolterrein word toegelaat nie. 16. Wees te alle tye beleefd teenoor besoekers en wys hul die weg na die kantoor.
ELEKTRONIESE HEK 1. Geen lyne word aan albei kante van die motorhek geverf en geen persoon mag te enige tyd in heirdie gebied vertoef nie, maar mag slegs as deurgang gebruik word. Leerders moet gebruik maak van die voetgangerhek. 2. Leerders word om die sirkel op- en afgelaai en geen voertuie, behalwe dié van personeel en ander persone met spesifieke reëlings, word op die speelterrein toegelaat nie. Soggens tussen 07:00 en 08:00 sal die motorhek oop wees en die ketting in gebruik wees. Hierdie reëling is ingestel sodat die hek nie gedurig oop en toe moet gaan terwyl die personeel soggens inkom nie. 3. Op reëndae sal die motorhek oop wees tydens die op- en aflaaitye sodat voertuie kan inry tot op die skoolterrein. 4. Tydens die verskillende verdaagtye van die leerders, sal die voetgangershek oop wees. 5. Die motorhek sal dus deur die loop van die dag, insluitende nasorgtye toe wees. 6. ‘n Interkom is by die hek aangebring om toegang deur die dag vanaf die kantoor te beheer. Nasorgleerders verdaag deur die voetgangershek en word ook by die sirkel opgetel. 7. Na skoolure word slegs die nasorgleerders aan die binnekant toegelaat. Diegene wat nie in die Nasorg is nie en ook nie van openbare vervoer gebruik maak nie, moet by die sirkel wag om opgelaai te word.
BUSSE Die volgende reëls geld vir die skoolbus, gehuurde busse en publieke busse. 1. Geen uitleunery by vensters nie. 2. Geen aanmerkings op publiek nie. 3. Geen vuiltaal word toegelaat nie. 4. Spuug en die gooi van enige voorwerp by vensters uit, word nie toegelaat nie. 5. Na gebruik moet bus skoon gelaat word. SKOOLGEBOUE 1. Geen leerder word voor en na skool of gedurende pouses in die gebou of klaskamers toegelaat nie, behalwe leerders wat spesiale toestemming het en leerders wat gedurende pouse die biblioteek besoek. 2. Op reëndae gaan leerders direk na hul klasse toe en hulle bly daar onder toesig van ‘n opvoerder. Leerderraad doen diens in gange. 3. Geen krappery en skrywery word op skryfborde, banke, mure en trapleunings en deure toegelaat nie. 4. Skoolgebou moet te alle tye netjies gehou word. 5. Geen leerder word in die saal toegelaat sonder toesig nie. 6. Geen etery word in die skoolgebou toegelaat nie, behalwe met toestemming. 7. Leerders gebruik slegs leerders se in- en uitgange en nie die hoofingang nie! TOILETTE EN KLEEDKAMERS 1. Geen deurloop deur toilette word toegelaat nie. 2. Geen drink- en eetgoed word in die toilette en kleedkamers toegelaat nie. 3. Geen gesittery, hardlopery en spelery in toilette en kleedkamers is toelaatbaar nie. 4. Kleedkamer- en toiletreëls moet te alle tye gehoorsaam word. 5. Leerders gebruik slegs die onderste toilette. 6. Geen gekrap op mure of deure word toegelaat nie
TOILETRELS Seuns: 1. Staan op trap voor krip. 2. Geen stukkend trap van reukblokkies word toegelaat nie. 3. Toiletsitplekke word nie gebruik om op te staan nie. 4. Alleenlik toiletpapier word in die spoelbak gegooi. 5. Gebruik toiletpapier spaarsaam. 6. Slegs een kind per toilethokkie word toegelaat. 7. WAS JOU HANDE na gebruik van die toilet.
Dogters: 1. Toiletsitplekke word nie gebruik om op te staan nie. 2. Alleenlik toiletpapier word in die spoelbak gegooi. 3. Gebruik toiletpapier spaarsaam. 4. Slegs een kind per toilethokkie word toegelaat. 5. Slegs senior dogters gebruik die senior toilette vir dogters. 6. Gebruik asseblief die sanitêre drommetjie wanneer nodig. 7. WAS JOU HANDE na gebruik van die toilet.
VEILIGHEIDSREELS Leerders mag nie………… 1. Bane kalk nie. 2. Elektriese apparaat herstel of daarmee peuter nie. 3. Gloeilampe of buisligte vervang nie. 4. Op verlengingskoorde trap of daarteen skop nie. 5. ‘n Guillotine gebruik nie. 6. Sonder toesig in ‘n snoepie of verkoopstalletjie werk waar ‘n yskas of stoof is nie. 7. Stoele onder maats uitruk of wegruk as hulle wil gaan sit nie. 8. Met ‘n grassnyer of randsnyer werk nie of naby ‘n persoon wat daarmee werk, speel nie. 9. Vuurhoutjies of aanstekers skool toe bring nie. 10. Klappers, slagdoppies of lonte skool toe bring nie. 11. Enige skerp voorwerp, messe of sakmesse skool toe bring nie. 12. Op of naby die skool se tuinafval speel nie. 13. Op die skoolterrein klip gooi nie. 14. Op die skoolterrein baklei nie. 15. Ander leerders pootjie nie. 16. Honde of enige ander diere skool toe bring sonder toestemming nie. 17. In die kanaal speel nie. REELS EN GEBRUIKE IN KLASSE NETHEID 1. Geen geskryf/krap op banke nie. 2. Koffers altyd netjies in ‘n ry langs die banke. Geen sportsakke onder banke nie. In die Grondslagfase klasse geld die opvoerders se eie persoonlike reëls. 3. Hou die vloer en veral die area rondom die snippermandjie skoon. Geen papiere op vloer of onder banke nie. 4. Leerders het nie die reg om op die borde te skryf nie, tensy hul deur ‘n opvoerder aangesê is. 5. Tuiswerkboeke/Boodskapboeke moet daagliks op datum gehou word.
BOEKE 1. Geen gekrappery in boeke word toegelaat nie. 2. Daarin word alleenlik met potlood onderstreep. 3. Alle boeke moet te alle tye met respek behandel word. 4. Geen boeke word na skool onder die banke gelos nie.
DISSIPLINE 1. Hande word opgesteek – antwoorde word nie uitgeskreeu en die vingers geklap nie. 2. Geen rondlopery in die klas nie. Vra opvoerders se toestemming voor hulle hul sitplek mag verlaat. 3. Absolute stilte moet in klasse heers en leerders mag nie sonder volwasse toesig gelaat word nie. 4. Besoeke aan die toilette tussen pouses geskied alleenlik volgens die gesonde oordeel van opvoerders. Toilette word gedurende pouses besoek. 5. Wanneer ‘n besoeker of ander opvoerder in die klas inkom, staan die leerders soos een op, gaan sit onmiddellik en gaan stil aan met hul werk. 6. Wanneer die klas as ‘n geheel die lokaal verlaat, stap dan netjies en flink onder toesig van die opvoerder. 7. Geen uitveërs, potlode, Tipp-Ex, ens. mag in die klas rondgegooi word nie. 8. Leerders word gedurende klastyd slegs by hoë uitsondering rondgestuur. Beslis nie in pare nie! 9. Kougom is verbode. 10. Geen gevaarlike artikels of speelgoed mag skool toe gebring word nie. 11. Fisiese kontak soos bv. stamp, pootjie, slaan ens. is verbode. 12. Geen leerder het die reg om ‘n klas te ontwrig tydens onderrigtyd nie.
HOFLIKHEID 1. Volwassenes en dogters stap altyd eerste. 2. Groet altyd en wees vriendelik. Behandel mekaar met respek. ORDEREELS 1. Leerders moet betyds opdaag vir skool. Indien ‘n leerder laat opdaag moet hy/sy by die kantoor aanmeld. Om enige misverstand uit die weg te ruim, is dit raadsaam dat leerders 10 minute voor die tyd by die skool is. 2. Telefoon/selfone mag slegs gebruik word met toestemming van personeel en op eie risiko skool toe gebring. 3. Leerders moet liefs nie waardevolle artikels skool toe bring nie, veral nie groot bedrae geld nie. (Skoolgelde uitgesluit) 4. Leerders se klere moet duidelik gemerk wees sodat verlore kledingstukke teruggegee kan word. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir goedere wat nie gevind kan word nie. 5. Geen plakkers en/of slagspreuke van enige aard word op sakke en boeke toegelaat nie. 6. Sportoefeninge moet getrou bygewoon word. Verskonings moet skriftelik of telefonies by die betrokke opvoerder gemaak word. Geen boodskappe sal aanvaar word nie. 7. Na afwesigheid moet leerders ‘n verskoningsbrief/doktersertifikaat by die opvoerder inhandig.
EKSAMENREELS 1. Bepaal te alle tye jou aandag by jou eie werk. 2. Gebruik jou eie skryfbehoeftes. 3. Geen geselsery nie, veral nie as jy jou antwoordstel het nie. 4. Alle vraestelle word ook ingehandig – moenie daarop krap nie. 5. Kyk te alle tye voor jou. 6. Geen modules of enige ander skoolwerk mag op jou bank wees terwyl jy nog in besit van jou antwoordstel is nie. 7. Steek jou hand op indien jy iets wil vra. 8. Daar word onder geen omstandighede in die lokaal geëet nie. 9. Niemand mag voor en na skool of tydens pouses in die lokaal wees nie. 10. Hou die gedeelte rondom jou bank skoon. 11. Tree soggens in die rye aan soos normaalweg en kom by die linkerkantste deur in en uit (graad 5-7 wat in saal skryf). 12. Maak seker dat jy voor skool of tydens pouses toilet toe gaan. Jy mag slegs in uitsonderlike gevalle die eksamenlokaal verlaat. 13. Daar word nie in die lokaar rondgeloop nie. 14. Die personeel se opdragte word te alle tye uitgevoer. 15. Selfone mag onder geen omstandighede in die lokaal gebruik word nie. 16. Indien enige iemand tydens die eksamentyd afwesig is, moet ‘n mediese sertifikaat ingehandig word. NASORGREËLS
1. Nasorgleerders mag glad nie in die toilette speel nie en ook nie op die mure skryf nie. 2. Mag nie die skoolterrein verlaat gedurende nasorgtye nie, tensy deur ‘n volwassene vergesel. 3. Ten alle tye moet al die nasorgleerders aan die binnekant van die hek wees. 4. Leerders wat nie in die nasorg is nie, moet aan die buitekant van die hek, by die boom wag. hierdie leerders mag ook nie op die rugbyveld speel nadat hulle verdaag het nie. NB: Alle skoolreëls is ook van toepassing op die Nasor DISSIPLINEKAART A. DOEL
1. Sodra ‘n leerder vier negatiewe inskrywings op sy/haar kaart het. Let daarop dat positiewe inskrywings negatiewe inskrywings kanselleer. Direkte detensie kan gegee word in die volgende gevalle: 1. Sodra ‘n leerder doelbewus ‘n klas ontwrig. 2. Wangedrag tydens ‘n saalbyeenkoms. 3. Ander ernstige oortredings soos diefstal, leuens, ens. D. POSITIEWE AANSPORING SKOOLLIED Waarheid Wen” is die leuse van Van der Stel, |