JOIN OUR MAILING LIST


MATRIEKTEE
 
Alhoewel leerders se skoolonderrig in fases (preprimêr / primêr, sekondêr) opgedeel word, kan die opvoedingsproses nie in waterdigte kompartemente geplaas word nie. Laasgenoemde begin by geboorte en eindig  wanneer ons die tydelike met die ewige verwissel.
 
Ouers en onderwysers is vanselfsprekend belangrike rolspelers in die opvoeding en onderrig van kinders. Die skool is die instansie waar die klem op die leerder val - waar hy nie net aan die akademie, sport en kultuur blootgestel word nie, maar die geleentheid kry om met die nodige begeleidng  sy nis op aarde te vind en te kan volstaan.
 
Die doel is om burgers, mense wat na ander uitreik en ‘n bydrae tot die samelewing kan maak, daar te stel. Wanneer leerders die laerskool verlaat, moet hulle vir die daaropvolgende fases toegerus wees.
 
Met die Matriektee streef die Laerskool Simon van der Stel daarna om elke leerder en oudonderwyser wat deel van die skool se bestaan uitmaak, vir hul bydraes te bedank.  Die oudhoofseun en -hoofdogter herleef hul graad 7-jaar, dra die skool- en landsvlae die saal binne en spreek later medematrieks toe. Laasgenoemde  word voorspoed vir die eindeksamen toegewens. Wegaanwysers word dan voorgehou, “toerusting”  wat in die toekomstige “grootmenswêreld” nuttig te pas sal kom!   
 
SLOT: En dan sê die mense nóg die onderwys is nie die mees bevredigende beroep op hierdie ondermaanse nie!
 
Mnr. Marius Smit  (STIGTER VAN DIE MATRIEKTEE)