JOIN OUR MAILING LIST
Die graad 3-klas van 2016 het baie goed presteer in die sistemiese toetse.  Twee toekennings is oorhandig  -  een vir Wiskunde tussen 80 - 89% behaal en 'n tweede vir volgehoue prestasie vir die afgelope paar jaar in Afrikaans en Wiskunde.
 
 
 
Estelle Ackermann is vanaf Januarie 2005 verbonde aan Laerskool Simon van der Stel.  Sy het aan die destydse Onderwyskollege Wellington afstudeer en het ook 'n Diploma in Leerondersteuning by die Universiteit van Stellenbosch verwerf.
 
Estelle Ackermann
 
Sy het op Barrydale skoolgehou voordat sy Simon van der Stel toe gekom het.  Sy is lief vir lees, reis en "coffee shops".
 
Na drie en twintig jaar bly dit vir haar steeds 'n voorreg om deel te wees van kinders se lewens.