JOIN OUR MAILING LIST

 

Rotsagtige strandstudie (Natuurwetenskappe) Graad 6 se klaskamer vir Woensdag 1 Maart was op Dalebrookstrand, Kalkbaai.

Die vernietigende brande in die Suid- en Wes-Kaap het die leerders so ontstel dat hul 'n mondeling daaroor gedoen het en plakkate met 'n duidelike boodskap daarop gemaak het.  Die leerders het ongelooflike waardering vir die brandweer en ander dienste wat gehelp het met die blus van die vlamme!

Pick 'n Pay vier 50 jaar- Verjaardagwense uit die graad 6-klas aan Pick 'n Pay.  Hierdie verjaardagwense is aan die kantoor van mev. Suzanne Ackerman-Berman,dogter van mnr. Raymond Ackerman, oorhandig.

Die graad 6-klas voor die nuwe bord geskenk deur Saxion Academie Pedagogiek & Onderwijs, Nederland.

  

Die graad 6-klas is die boeregemeenskap van Elgin en Grabouw ewig dankbaar vir die ruim waterskenking aan Kaapstad!